Tuks Landbou was by die Nampo Alfa-skou – en het dit weereens ‘n reusesukses gemaak!
Tuks Landbou het met skoliere gesels wat deel is van die Jeugskouprogram, asook landbou onderwysers wat krities is in die ontwikkeling van jong boere, om verhoudings te bou en ons toekomstige boere verder te bemagtig.
13 Finalejaarstudente van Tuks het as mede-organiseerders van die skou opgetree om te verseker dat die program vlot verloop – dit was natuurlik ook ‘n groot sukses.
Baie dankie aan al die rolspelers wat Nampo Alfa moontlik gemaak het!