Tuks Landbou was by Moja Gabedi – ‘n gemeenskapsprojek wat Tuks begin het om studente te bemagtig wat oor landbou/tuinbou wil leer – waar hulle geleer het oor blommerangskikking en tuinbou!
Die mans en vroue het elkeen ‘n blomkroon gemaak en dit met trots gedra!
Baie dankie aan al die rolspelers wat die dag ‘n sukses gemaak het, veral danksy Nonna’s Flower Shop vir die blomkrone!