Wees deel van die Tuks Landbou familie:

'n Toekoms vir die landbougemeenskap.

Tuks Landbou is meer as net ’n organisasie, ons is die hoop op die toekoms en die boere van môre. Ons is ’n dinamiese groep individue wat floreer wanneer hulle saamwerk. Uiteindelik bring ons boerdery na die student en stel hulle bloot aan verskeie aspekte rakende boerdery in Suid-Afrika. Ons verbreed ons kennis en ons studente sin en bou sodoende ’n toekoms vir onsself en die landbougemeenskap.

Wees deel van ons familie.

Ons is ’n studentegebaseerde organisasie wat daarop fokus om ons lede sedert 1980 bloot te stel aan die landboubedryf. Ons streef daarna om ’n omgewing te skep vir studente om mede-landbou-entoesiaste te ontmoet wat mekaar kan ondersteun en bemagtig.

Ons streef daarna om studente die nodige kontak met die bedryf te gee om prakties te sien waaroor alles gaan bo en behalwe die teorie en universiteitsgebaseerde praktyk. Ons skep ook talle netwerk geleenthede met sommige van die leiers en kern rolspelers van ons sektor.

Ons nooi ander fakulteite om dit saam met ons te ervaar en ‘vriende van Landbou’ te word, omdat ons nie die uitdagings alleen kan aanpak nie. Ons probeer veral ons lede se lewens en universiteitservaring verryk deur sosiale geleenthede en meningvolle ervarings.

Ons Span

Marco Ras

Sport en Sosiaal

Jacques van der Westhuizen

Vennootskappe

Erik van Niekerk

Voorsitter

Michaela Francis

Ondervoorsitter

Leney Loots

Sekretaresse

Kristian Bouwer

Ledesake

Marko Kriek

Projekte

Katrien Swart

Sosiale Media en Bemarking

Belinda Barnard

Tesourier

Projekte

Die twee departemente hieronder is nou verbonde aan die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe: