Wees deel van die Tuks Landbou familie:

Verenig deur samewerking.

Samewerkingsooreenkomste en wedersydse ondersteuning met landbou-ondernemings, bedryfs-organisasies, navorsingsinstellings en landbou-organisasies wat op ander steunbasisse fokus, gee Tuks Landbou toegang tot kundige bondgenote wat ons in staat stel om ’n wye spektrum van kwessies onder die loep te neem. Juis daarom beskou Tuks Landbou bestaande landbou-unies en organisasies as vennote in die bereiking van ons doelwit en poog ons om te verenig eerder as om te verdeel.

Gereelde debatte met studenteverenigings aan buitelandse universiteite en jongboereverenigings in ander lande oor internasionale aangeleenthede soos handel, diere proteïene, antimikrobiese weerstandigheid, naspeurbaarheid en handelsmerke en gepaardgaande geleenthede om internasionale netwerke te vestig.

Gereelde toere na groot landbou -geleenthede, modelplase, plaaslike en internasionale beurse en konferensies.

Studente benodig ander aktiwiteite wat nie studieverwant is nie. Ons reël gereeld braai- en sosiale geleenthede tussen lede en vriende van Tuks Landbou!

Ons soek geleenthede vir ons lede om vakansiewerk op plase of by landbouondernemings te doen om die regte CV te bou.

Verskeie beurse is reeds vasgemaak aan buitelandse universiteite waartoe Tuks Landbou eksklusiewe toegang het en dit strek verder as net landbougeleenthede.

In samewerking met netwerkvennote om werk in die landbousektor te identifiseer en deur Tuks Landbou aan ons lede bekend te stel.

Geleenthede om beleid en insette in nasionale en provinsiale wetgewers te beïnvloed met gepaardgaande voorleggings, word aktief ondersoek. Dit is tyd dat die stem van landboustudente ook gehoor word onder beleidmakers. Ons is die toekoms!

Gesprekke oor die mees omstrede kwessies in landbou word plaaslik en internasionaal met studente op ander kampusse gereël.

Vir Tuks Landbou gaan dit altyd oor meer as net praat; ons streef na ’n aantal projekte om ons doelwitte prakties na te streef, soos die kommersialisering van plase wat aan die FAK en ander instellings behoort, die bevordering van landboubedrywe wat in spanning verkeer en projekte oor hoe tegnologie getoets kan word.

Tuks Landbou sal besoeke aan plase vergemaklik wat hulself as bedryfsleiers bewys het.

Die eerste besprekings oor uitruilskemas waarin studente en dosente aan buitelandse universiteite tyd deurbring, het reeds plaasgevind. Ons sal hierdie geleenthede op ons webwerf bekend maak!

Tuks Landbou is van voorneme om as gasheer op te tree vir besoekers van elders in Suid -Afrika, Afrika en die wêreld wat belangstel in landbou -opleiding en die moderne organisasie van landboustudente.

Gegewe die direkte toegang tot die WFO en sy netwerk vir jongboere sowel as die landbougimnasiumprogram, het Tuks Landbou ’n binne weg na die benutting van geleenthede wat deur die georganiseerde landbou vergemaklik word op internasionale vlak.

Sluit aan by ons nuusbrief:

Adres:
Shop 21, Greenlyn Village Centre,
70 Thomas Edison Street,
Menlopark, South Africa,
0081

Tuks Landbou word geborg deur by Saai.
www.saai.org

Tuks Landbou word geborg deur:

Community-verified icon