Tuks Landbou het die dag by Nampo deurgebring, waar ‘n 100 van Tukkies se studente die wonderlike skou ervaar het. Deel van die groep is die finale jaar BSc Veekunde en BSc Plantkunde studente wat volgende jaar in die industrie moet begin werk. Hulle het van die geleentheid gebruik gemaak om kennis te bou met die maatskappye in die industrie. Van produksie-diere tot implemente het die studente baie genot verskaf! Baie dankie aan Elanco en Case wat vir ons die geleentheid moontlik gemaak het.