Wees deel van die Tuks Landbou familie:

Nampo 2024 🚜 🌾

Vir sommige van ons lede is Nampo reeds ‘n jaarlikse reis en hulle besoek hierdie terrein al van kleins af! Maar vir baie van ons lede is hierdie geleentheid hul heel eerste Nampo-ervaring.

Dit is vir ons ‘n voorreg om hierdie reis moontlik te maak met die hulp van @grain_sa en @hl_haltlocksa se kaartjieborge! 🤩 Dankie vir u aandeel in al die vreugde wat ons studente en lede uit hierdie dag put.

Dit is ‘n indrukwekkende waarneming en dit vang beslis die oog wanneer 90+ Tuks Landbou-lede in hul 2024-hemde in so ‘n groot groep deur die stalletjies beweeg. 😍

As jy nader kyk, sal jy elke borg op ons hemde sien wat dit vir ons moontlik maak. Dankie vir die hop wat jy in elkeen van ons stappe gesit het: @caseih_sa, @saai_org, Boland Bins, Avima, Farmers Choice. En natuurlik SALTY, wie se hemde ons met trots dra.

Sluit aan by ons nuusbrief:

Adres:
Shop 21, Greenlyn Village Centre,
70 Thomas Edison Street,
Menlopark, South Africa,
0081

Tuks Landbou word geborg deur by Saai.
www.saai.org

Tuks Landbou word geborg deur:

Community-verified icon