Wees deel van die Tuks Landbou familie:

Mediaverklaring Tuks Landbou Loodsing

Augustus 25, 2021

Die nuwe Tuks Landbou is op 25 Augustus amptelik in Pretoria bekendgestel. Tuks Landbou word herstruktureer, herposisioneer en gee splinternuwe inhoud aan sy lede en alumni, wat in sy aktiwiteite en program weerspieël sal word. Boonop word Tuks Landbou nou in sy nuwe formaat ’n vennoot van die familieboernetwerk Saai.

Tuks Landbou is ’n studenteorganisasie wat reeds in 1980 gestig is deur studente vir huidige, oud- en toekomstige studente. Die organisasie is daartoe verbind om innoverend te wees en op ’n kompeterende wyse uitdagings van die toekoms aan te pak deur wetenskap en tegnologie in te span om werkbare oplossings te vind.

Dié studenteorganisasie se missie is om jong leiers te ontwikkel en aan hulle blootstelling te gee. Tuks Landbou se prioriteite is om landbou- en landbouverwante studente op die toekoms voor te berei en te verseker dat hulle ’n bydrae kan lewer tot die winsgewendheid, volhoubaarheid en mededingendheid van Suid-Afrikaanse landbou in ’n snelveranderende omgewing. Studente ontvang blootstelling in hul studieveld deur middel van plaaslike en buitelandse netwerkgeleenthede in die landbousektor.

Tuks Landbou het gaan kyk na wat die behoeftes, belange en aspirasies van ’n nuwe generasie landboustudente is en sy aktiwiteite diensooreenkomstig aangepas. Dit sluit in blootstelling aan werk- en studiegeleenthede, toegang tot studiebeurse sowel plaaslik as internasionaal, skakeling, sosiale geleenthede, digitale debatte en projekte wat in samewerking met buitelandse universiteite en jongboer-organisasies aangebied word.

Die digitale era stel uitdagings én geleenthede vir kommunikasie, produksiepraktyke en bemarking, en dwing landboustudente om op die voorpunt van nuwe tegnologie te bly. In sy nuwe formaat boer Tuks Landbou in die toekoms en maak ons seker dat ons toepaslik bly vir elke nuwe landboustudent.

Die konsul-generaal van Hongarye was tydens die bekendstelling teenwoordig om beurse vir Tuks Landbou aan te kondig. Dosente en akademici het ook tydens die bekendstelling gepraat oor hoe universiteite studente toerus om wetenskap in die vorm van kennis oor te dra en dit prakties uit te voer. Die uitdagings vir die nuwe generasie van landboukundiges om mededingend te bly, is ook bespreek. Landboubesighede, borge, lede en alumni was teenwoordig om van Tuks Landbou se splinternuwe struktuur verwittig te word.

Laai hier af.

Sluit aan by ons nuusbrief:

Adres:
Shop 21, Greenlyn Village Centre,
70 Thomas Edison Street,
Menlopark, South Africa,
0081

Tuks Landbou word geborg deur by Saai.
www.saai.org

Tuks Landbou word geborg deur:

Community-verified icon