Wees deel van die Tuks Landbou familie:

Kalahari Red Week

4 Maart 2025

17 – 21 Februarie

Kalahari Red Week het plaasgevind die week van 17 tot 21 Februarie. Dit was ‘n opvoedkundige geleentheid waar Tuks Landbou lede kon gesels met veeartse en boere. 

Aktiwiteite soos dragtigheidstoetse, inligtingsessies oor die Kalahari Red ras, die skou van bokke en nog baie meer het plaasgevind gedurende die week. 

Die week is afgesluit met ń veiling op 22 Februarie waar die Kalahari Red rekordprys gebreek is. ń Kalahari Red ram was vir ń astronomiese bedrag van R280 000 opgeveil.