Wees deel van die Tuks Landbou familie:

Aansluitingsbraai

4 Maart 2025

27 Februarie

Die eerste braai van 2025 het op 27 Februarie plaasgevind. Tuks Landbou het die geleentheid gehad om klomp nuwe gesigte te sien. Die braaiers was aangesteek, die pap was op die vuur en die gaste was op die dansvloer. Dankie aan elkeen wat die aand so reuse sukses gemaak het. Ons sien julle by die volgende braai!