1 Maart
Tuks Landbou se rugbyspan het hulle debuut vir 2025 by die Onderstepoort Tiene Rugby en Bierfees op 1 Maart gemaak. Die kantlyne was met trotse ondersteuners gevul. Die Tuks Landbou manne het hulle harte uitgespeel. Ons is trots op elke speler en ons sê dankie aan elke ondersteuner wat die warm dag saam kom aanpak het.

