Hier doen 3de jaar veekunde studente ‘n prakties waar rektale palpasie geoefen word op ‘n koei om te bepaal of sy dragtig is. Rektale palpasie help met kudde bestuur deurdat jy jou beplanning dien oorenkomstig kan aanpas met die resultate. ‘n Boer kan so bepaal of sy diere dragtig is en volgens dit besluit watse koeie weer by die bul gesit moet word of weer kunsmatig geïnsemineer moet word.