Wees deel van die Tuks Landbou familie:

Lamb Champs 2022

April 7, 2022

Tuks Landbou was die 2e April deel van Saai se Lamb Champs by Harlequins Rugby Club. Die dag was ‘n reuse sukses, met 50 boere wat hul lam ingeskryf het om gespit te word!

Die geleentheid-gangers het in toue gestaan om skaapvleis van híérdie boere te proe, en het Ichnus, Juan Boucher en Adam Tas se vermaak verskriklik geniet!

Tuks Landbou het ‘n Skaapkop Eet-Kompetisie gehou, waar 20 deelnemers elk ‘n smaaklike skaapkop verslind het om eerste klaar te wees. Baie geluk aan Oom Duks Stoltz, die wenner van Tuks Landbou se Skaapkop Eet-Kompetisie! Hy wen menigte pryse van Bosveld Charcoal en Vellie Boutique. Dankie aan Pronk wat die skaapkoppe gaar gemaak het!

Geluk aan die Lamp Champ van 2022, Nathan Naudé!

Baie, baie geluk aan Saai met hierdie ongelooflike suksesvolle geleentheid! Ons sien baie uit na Lamb Champs 2023!

Ook baie dankie aan die dag se borge, Buffelsfontein Brandewyn, asook Harlequins Rugby Klub vir julle fenomenale venue!

Sluit aan by ons nuusbrief:

Adres:
Shop 21, Greenlyn Village Centre,
70 Thomas Edison Street,
Menlopark, South Africa,
0081

Tuks Landbou word geborg deur by Saai.
www.saai.org

Tuks Landbou word geborg deur:

Community-verified icon