Tuks Landbou Netbal het ’n baie suksesvolle seisoen tot dusver. Ons span bestaan uit byna 40 lede en sluit ’n Senior Meisiespan sowel as ’n Gemengde Span in. Ondersteuning ontbreek nooit langs die kantlyn van elke wedstryd nie.
Dankie aan elke lid wat Tuks Landbou Netbal se eerste jaar só ’n groot sukses gemaak het.
’n Spesiale dankie aan raadslid Gelene Beukes vir jou toewyding aan ons netbalspanne – ons sou dit nie sonder jou kon regkry nie!

