Wees deel van die Tuks Landbou familie:

Wurm Lewens Siklus

Studente leer van insek beheer en die verskillende lewensfases van eiers, wurms, papies en motte. Die beheer metodes op elke fase van die lewensiklus verskil.

Oes

Die foto is geneem deur ‘n plant en grondkunde student terwyl hy vakansie werk in die Noord-Kaap gaan doen het. So kom ‘n koring stroop seisoen tot ‘n einde.

Sitrus

Twee van ons plant en grondkunde studente het ‘n sitrus plaas in Letsitele gaan besoek wat hul eie pakhuis het en sitrus uitvoer. In die video kan jy sien hoe ‘n sulfaat mengsel gebruik word om die mikrobes op die sitrus dood te maak.

Plante

Die foto’s is vroeg oggend deur ‘n plantkunde student geneem. Hier kan die proses genaamd gutasie waargeneem word. Gutasie is die verlies van water in die vorm van water druppels op die blare as die tempo van absorpsie deur die plant wortels vinniger is as die tempo van verdamping.

Dragtigheidstoetse

Hier doen 3de jaar veekunde studente ‘n prakties waar rektale palpasie geoefen word op ‘n koei om te bepaal of sy dragtig is. Rektale palpasie help met kudde bestuur deurdat jy jou beplanning dien oorenkomstig kan aanpas met die resultate. ‘n Boer kan so bepaal of sy diere dragtig is en volgens dit besluit watse […]

Skaap Semen

Hier is ‘n voorbeeld van gesonde skaap sperms wat hoe mobiliteit toon. Dit beteken die sperm monster bevat min abnormaliteite. Om die kwaliteit van sperms te analiseer is belangrik vir KI (kunsmatige inseminasie) doeleindes en dit word ook gebruik om kopers by veilings van die ram se vrugbaarheid te waarbog.

‘n Bees se Maag

‘n Bees word geklassifiseer as ‘n herkouer en het 4 mea naamlik die rumen, reticulum, omasum en abomasum. Die rumen is die eerste en grootste maag. Die kos word in die rumen gestoor na dit die eerste maal gesluk is, daarna word die growwe dele weer opgebring om geherkou te word. Die retikulum ontvang die […]