Tuks Landbou-lede het die geleentheid gekry om die UFC Middelgewigkampioen Dricus du Plessis te ontmoet terwyl hulle hul 2025 Tuks Landbou-hemde ontvang het. Elke lid het vir Dricus ontmoet en kon ’n nuwe foto by die familiegidsmuur voeg.
Dankie aan die Southern African Agri Initiative (Saai) dat julle hierdie ongelooflike geleentheid vir Tuks Landbou moontlik gemaak het. Dit was ’n onvergeetlike dag vir ons almal!

