Wees deel van die Tuks Landbou familie:

Pieter Smith Boerbok-Week

Maart 8, 2022

Tuks Landbou het die 1ste en 2de Februarie spandeer by die Fire & Wine Arena, waar ons lede die geleentheid gekry het om praktiese ervaring te bekom rakende bokke en skape.

Die eerste dag was daar geleer hoe om semen by ramme te tap en om te kyk wat die gehalte van die semen is. Verder was daarna gekyk hoe ‘n veearts dragtigheidstoetse uitvoer en die hele kudde ondersoek vir bek-en-klou-siekte.

Die tweede dag het bywoners skape en bokke help uitkeer en het bepaal watter diere stoet-gehalte is en watter slegs as kommersiële diere gebruik kan word.

Ons bedank hartlik vir Pieter Smith, ‘n uiters gesiene bokboer, wat vir Tuks Landbou na hierdie geleentheid uitgenooi het. Hy het ook aan elke bywoner ‘n gratis, aanlyn boerbok kursus gege om hulself verder te kan bevorder in die boerbok-bedryf!

Sluit aan by ons nuusbrief:

Adres:
Shop 21, Greenlyn Village Centre,
70 Thomas Edison Street,
Menlopark, South Africa,
0081

Tuks Landbou word geborg deur by Saai.
www.saai.org

Tuks Landbou word geborg deur:

Community-verified icon