Nie wind of reën kon keer dat Tuks Landbou-studente lekker kuier nie! Die tweede braai vir 2025 het op 24 April plaasgevind en het beslis nie teleurgestel nie. Hierdie braai was ook die bekendstelling van die nuwe 2025 Tuks Landbou-hoede, wat twee nuwe breërand-hoede en ’n bruin pet insluit.
Ons waardeer al ons lede vir hul ondersteuning wat die tweede braai van 2025 ’n groot sukses gemaak het!

