Wees deel van die Tuks Landbou familie:

Draai Braai 2024

Tuks Landbou se heel eerste Draai Braai was ‘n reusesukses en almal wat daar was, kan sê dat hulle deel was van die geskiedenis wat gemaak is! 🤩 Die aand sou beslis nie so goed uitgedraai het sonder die volgende mense nie: Ons is dankbaar vir almal se bydrae en ons sien uit daarna dat […]

Ons app!

Ons APP 📲😍 Bly altyd op hoogte van die nuutste gebeure en kry al u inligting op EEN plek. Laai ons app vandag af en registreer vir die jaar.

Board 2024 🌿

Ons is trots om ons Raad vir 2024 aan te kondig! Voorsitter: HW BeekenOndervoorsitter en bemarking: Andrea SchutteLidsake: Jewyk PretoriusSosiaal: Hanno Janse van RensburgTesourier: Francois BriersSekretaris: Nadia VolschenkVeekundeprojekte: Izak van der MerwePlantwetenskapprojekte: Hano SliepVennootskappe: Henco van der Mescht Ons wens ons Raad vir 2024 alles van die beste toe! 🪵 Mag hierdie volgende kwartaal ‘n […]

WFO GA

Tuks Landbou se 2023 Voorsitter, Stefan Corbett, was deur Saai genooi om die World Farmers Organisation (WFO) se GA by te woon van 21-24 Mei te Sun City. Die tema van die kongres was: “Investing in Farmers’ Solutions for Resilient Food Systems with a Positive Impact on Nature”.

Hi Saai!

Die nuwe en verbeterde Hi Saai 2.0 is nou beskikbaar! Vra nou jou vrae in Afrikaans en kry akkurate, vinnige antwoorde.Geniet ook ons kletsfunksie en maak jou ervaring meer interaktief. Stuur “Hi Saai” na +27 72 457 5570 om te begin!

Tuks Landbou se Eerste Braai 2023

Tuks Landbou se eerste braai was ‘n reuse sukses! Op die 9de Maart het Tuks Landbou hulle eerste aansluitings braai gehad, daar was lekker gekuier, gebraai en gedans, heel aand lank. Tuks Landbou het Devilspeak verversings verkoop asook die bekende Tuks Landbou punch in ons Jojo tenk! Heerlike krimmelpap en tamatie en uie sous was […]

Agri Gauteng golfdag

Op 3 Maart het Tuks Landbou Agri Gauteng se golfdag bygewoon. Daar was lekker gekuier met kenners van die landboubedryf. Tuks Landbou streef daarna om soveel as moontilk kennis te werf van ervare landboukundiges in die bedryf. 

Afriforum Golfdag

Tuks Landbou se raadslede het op 24 Februarie Afriforum se golfdag bygewoon en hulle eie stalletjie by ‘n gaatjie gehad. Hier het hulle lekker genetwerk en verversings aan die spellers uit gedeel.

Aansluitings geleentheid by Universiteitsoord

Vroeg in 2023 het ons ‘n paar ouers geruste harte gegee toe ons by die eerstejaarskamp van die Universiteits oord was. Ons het trots aan die ouers verduidelik dat hulle kinders ‘n veilige heenkoms by Tuks Landbou het. Daar was hoop en opwinding geskep vir die onsekere eerstejaars en hulle het daar al begin uitsien […]

Buffelsfontein Brandewyn Tens

Tuks Landbou was die afgelope naweek betrokke by die Buffelsfontein Brandewyn Tens toernooi wat by Harlequins Rugby Club in Pretoria plaasgevind het. Tuks Landbou was die gasheer van ‘n spesiale BBP-area waar ‘n Primarius/Primaria van verskeie koshuise, sowel as ander eregaste ontvang is. Ons wil baie dankie sê aan al ons eregaste wat die dag […]