Wees deel van die Tuks Landbou familie:

WFO GA

Tuks Landbou se 2023 Voorsitter, Stefan Corbett, was deur Saai genooi om die World Farmers Organisation (WFO) se GA by te woon van 21-24 Mei te Sun City. Die tema van die kongres was: “Investing in Farmers’ Solutions for Resilient Food Systems with a Positive Impact on Nature”.

Hi Saai!

Die nuwe en verbeterde Hi Saai 2.0 is nou beskikbaar! Vra nou jou vrae in Afrikaans en kry akkurate, vinnige antwoorde.Geniet ook ons kletsfunksie en maak jou ervaring meer interaktief. Stuur “Hi Saai” na +27 72 457 5570 om te begin!

Tuks Landbou se Eerste Braai 2023

Tuks Landbou se eerste braai was ‘n reuse sukses! Op die 9de Maart het Tuks Landbou hulle eerste aansluitings braai gehad, daar was lekker gekuier, gebraai en gedans, heel aand lank. Tuks Landbou het Devilspeak verversings verkoop asook die bekende Tuks Landbou punch in ons Jojo tenk! Heerlike krimmelpap en tamatie en uie sous was […]

Agri Gauteng golfdag

Op 3 Maart het Tuks Landbou Agri Gauteng se golfdag bygewoon. Daar was lekker gekuier met kenners van die landboubedryf. Tuks Landbou streef daarna om soveel as moontilk kennis te werf van ervare landboukundiges in die bedryf. 

Afriforum Golfdag

Tuks Landbou se raadslede het op 24 Februarie Afriforum se golfdag bygewoon en hulle eie stalletjie by ‘n gaatjie gehad. Hier het hulle lekker genetwerk en verversings aan die spellers uit gedeel.

Aansluitings geleentheid by Universiteitsoord

Vroeg in 2023 het ons ‘n paar ouers geruste harte gegee toe ons by die eerstejaarskamp van die Universiteits oord was. Ons het trots aan die ouers verduidelik dat hulle kinders ‘n veilige heenkoms by Tuks Landbou het. Daar was hoop en opwinding geskep vir die onsekere eerstejaars en hulle het daar al begin uitsien […]

Buffelsfontein Brandewyn Tens

Tuks Landbou was die afgelope naweek betrokke by die Buffelsfontein Brandewyn Tens toernooi wat by Harlequins Rugby Club in Pretoria plaasgevind het. Tuks Landbou was die gasheer van ‘n spesiale BBP-area waar ‘n Primarius/Primaria van verskeie koshuise, sowel as ander eregaste ontvang is. Ons wil baie dankie sê aan al ons eregaste wat die dag […]

CASE Inligtingsdag

Tuks Landbou het op 17 Februarie in Dullstroom saam met Case IH SA ‘n paneelbespreking bygewoon oor hoe die wetenskap en tegnologie in die landbou-bedryf gevorder het. Ons het ook gesien hoe boere dwarsoor die land deelgeneem het aan die bespreking deur hul vrae wat aan die paneel gerig was. Baie dankie aan Case IH SA […]

Pieter Smith Boerbok-Week

Tuks Landbou het die 1ste en 2de Februarie spandeer by die Fire & Wine Arena, waar ons lede die geleentheid gekry het om praktiese ervaring te bekom rakende bokke en skape. Die eerste dag was daar geleer hoe om semen by ramme te tap en om te kyk wat die gehalte van die semen is. Verder was daarna gekyk hoe ‘n veearts dragtigheidstoetse uitvoer en die hele […]

Agricareer Connect – Veekunde

Gebruik hierdie skakel om na ‘n verskeidenheid kort videos te gaan kyk waarin verskillende rolspelers in die industrie verduidelik wat ‘n Veekundige doen.