Wees deel van die Tuks Landbou familie:

WRSA Inligtingsdag

Tuks Landbou het die 3e Maart in Naboomspruit deurgebring, waar WRSA (Wildlife Ranching SA) verskeie kwessies in die wildbedryf bespreek het, soos bulseleksie, teling, sonkragsisteme op plase ens. Tuks Landbou waardeer die geleentheid om ons kennis oor die wildbedryf uit te brei. Dankie aan WRSA vir die wonderlike geleentheid!

Kalahari Red Skou & Veiling

Tuks Landbou het van 22-25 Februarie saam met Kalahari Reds SA by hul 2022 skou deurgebring waar ons lede praktiese ondervinding opgedoen het i.v.m. diere skou. Ons het gehelp met semen toetse, dragtigheidstoetse en skou. Na die skou het ons geleer hoe om die bokke uit te keur vir die veiling wat op 26 Februarie plaasvind […]

Agri All Africa Gholfdag

Tuks Landbou het op 17 Februarie ‘n gholfdag bygewoon, aangebied deur Agri All Africa, waar geld ingesamel is vir die President Kruger Kinderhuis Pretoria. Die dag was ‘n yslike sukses, en Tuks Landbou-lid Philip Luthje het ook die prys vir die verste dryf van die dag ontvang! Baie dankie en baie geluk aan Agri All […]

Drakensberger Genootskap Boeredag

Die Oos-Transvaal Drakensberger Klub (OTDK) het 4 van Tuks Landbou se lede genooi om hul boeredag by te woon in Wakkerstroom. Daar was sprekers wat uitgebrei het oor epigenetika, hoe beesvleisbestuur winsgewendheid beïnvloed, asook hoe veelading, lae onderhoud en vrugbaarheid jou wins beinvloed. Daarna was daar prakties gesien hoe om die beste diere uit jou kudde te […]

Tuks Landbou Raad 2022

Ons is baie opgewonde om die nuwe Tuks Landbou Raad vir 2021/2022 bekend te stel!   Voorsitter: Marlize Grobbelaar Ondervoorsitter & Bemarking: Anelie Joubert Sekretaris: Maree van den Berg Tesourier: Juana Gouws Projekte: Jean Brink Sosiaal: Marnus Zaaiman Ledewerwing: Stefan Corbett   Ons wens hierdie raad baie sterkte toe vir die volgende termyn, en ons […]