Wees deel van die Tuks Landbou familie:

120 Tuks Landbou lede vrygelaat op die Nampo 2023 skougronde!

Vir die Tuks Landboustudente was dit ‘n dag van hernuwing! Te midde van die studentelewe en toetse kon hulle beleef hoe die landbousektor in Suid Afrika floreer. Hulle kon leer by díe wat alreeds sukses behaal het en het te doen gekry met die organisasies en mense waarna hulle as studente opkyk. Hulle het spogerig […]

Dewfresh

Tuks Landbou het 20 Mei 2023 saam met die Finale jaar veekunde studente by Dewfresh se fabriek in Leandra gaan kuier. Melk-kunde is een van die finale jaar vakke en die uitstappie het die studente mooi gewys hoe word die melk geprosesseer en verpak. Saai is een van die Finale jaar Veekunde borge en die […]

Dinee

Los jou vellies en kortbroek by die huis, Tuks Landbou hou vir die eerste keer in sy 42 jaar bestaan ‘n dinee. By die geleentheid het ons, ons borge vir die jaar bedank en ook ons raad vir 2023 aangekondig.

Saai Verteenwoordigersdag

Op die 25ste Augustus 2022 word die nuwe Tuks Landbou  ’n jaar oud en kyk ons terug na die sukses wat bereik is deur die jaar. Vir die eerste keer van Tuks Landbou se bestaan af sluit ons meer as 500 lede aan. Vir die eerste keer vat ons so baie studente Nampo toe end […]

Tuks Landbou Vellies!

Tuks Landbou Vellies!Van beeste dip, tot kuier op die strip! Ons is baie trots om bekend te stel: Tuks Landbou Vellies! Hierdie vellies is nie net enige vellies nie, maar is geskik vir die moeilikste boerdery-omstandighede, tot die harde dansvloere van die Strip! Laat ons saam dans in ons Tuks Landbou vellies by die volgende […]

Agri All Africa Gholfdag

Tuks Landbou het op 12 Mei saam met Agri All Africa by ‘n gholfdag gespeel waar geld vir liefdadigheid ingesamel is. Baie dankie aan Agri All Africa vir die geleentheid, en dat ons deel kon neem aan so projek! Geld ingesamel deur hierdie gholfdag word aan Ouetehuise en Kinderhuise in Waverly, Pretoria, gegee.

Betsie Prakties

Die 3de jaar Veekunde studente het die 8e April hulle eerste kunsmatige inseminasie (KI) prakties by die Universiteit van Pretoria se proefplaas gehad. Elkeen van die studente oefen eers op die “Betsies” voor hulle die geleentheid kry om op die proefplaas se beeste te KI. Betsie is ‘n plastiese replika van ‘n koei se voorplantingskanaal […]

Lamb Champs 2022

Tuks Landbou was die 2e April deel van Saai se Lamb Champs by Harlequins Rugby Club. Die dag was ‘n reuse sukses, met 50 boere wat hul lam ingeskryf het om gespit te word! Die geleentheid-gangers het in toue gestaan om skaapvleis van híérdie boere te proe, en het Ichnus, Juan Boucher en Adam Tas […]

Ons Eerste Braai

Tuks Landbou het op 24 Maart ons eerste braai vir die jaar gehou! Baie dankie aan Buffelsfontein Brandewyn, Bosveld Charcoal, Saai en Tuks Microbrewery vir al die borge en pryse wat deur die loop van die aand uitgedeel was. Dit was ‘n reuse sukses!! Moenie weer uitmis op só ‘n braai nie…kom sluit aan en […]

Undercover Farming Expo

‘n Paar finale jaar Plant-en Grondkunde studente was op 15 Maart saam met Tuks Landbou by die Undercover Farming Expo waar hulle meer geleer het van boerdery onder beskutting, biologiese pesbeheer en verbouing van saailinge in weefsel kulture. Baie dankie aan die organiseerder Suzanne Oosthuizen vir die geleentheid.