Wees deel van die Tuks Landbou familie:

WFO GA

Tuks Landbou se 2023 Voorsitter, Stefan Corbett, was deur Saai genooi om die World Farmers Organisation (WFO) se GA by te woon van 21-24 Mei te Sun City. Die tema van die kongres was: “Investing in Farmers’ Solutions for Resilient Food Systems with a Positive Impact on Nature”.

120 Tuks Landbou lede vrygelaat op die Nampo 2023 skougronde!

Vir die Tuks Landboustudente was dit ‘n dag van hernuwing! Te midde van die studentelewe en toetse kon hulle beleef hoe die landbousektor in Suid Afrika floreer. Hulle kon leer by díe wat alreeds sukses behaal het en het te doen gekry met die organisasies en mense waarna hulle as studente opkyk. Hulle het spogerig […]

Hi Saai!

Die nuwe en verbeterde Hi Saai 2.0 is nou beskikbaar! Vra nou jou vrae in Afrikaans en kry akkurate, vinnige antwoorde.Geniet ook ons kletsfunksie en maak jou ervaring meer interaktief. Stuur “Hi Saai” na +27 72 457 5570 om te begin!

Tuks Landbou se Eerste Braai 2023

Tuks Landbou se eerste braai was ‘n reuse sukses! Op die 9de Maart het Tuks Landbou hulle eerste aansluitings braai gehad, daar was lekker gekuier, gebraai en gedans, heel aand lank. Tuks Landbou het Devilspeak verversings verkoop asook die bekende Tuks Landbou punch in ons Jojo tenk! Heerlike krimmelpap en tamatie en uie sous was […]

Agri Gauteng golfdag

Op 3 Maart het Tuks Landbou Agri Gauteng se golfdag bygewoon. Daar was lekker gekuier met kenners van die landboubedryf. Tuks Landbou streef daarna om soveel as moontilk kennis te werf van ervare landboukundiges in die bedryf. 

Afriforum Golfdag

Tuks Landbou se raadslede het op 24 Februarie Afriforum se golfdag bygewoon en hulle eie stalletjie by ‘n gaatjie gehad. Hier het hulle lekker genetwerk en verversings aan die spellers uit gedeel.

Kalahari Red genootskap veiling!

Tuks Lanbou lede het vanjaar weer trots hul poste ingeneem by die Kalahari Red genootskap skou en veiling. Gedurende die skou week het groepe Tuks Landbou lede gehelp met die hantering en skou van die bokke. Die lede het baie geleer van die skou van bokke, ‘n stoet veiling en die keuringsprosse van die pragtige […]

Raadskamp

Op die 6de Februarie het die Tusk Landbou raadslede vertrek na ATKV Klein Kariba. Op die avontuur het die raadslede mekaar beter leer ken sodat hulle puik kan saamwerk. Daar was koppe bymekaargesit oor beplanning en idees oor 2023 se landbou jaar. Fyn beplanning oor alle projekte, sosiale byeenkomste en ledesake het plaasgevind. ‘n Besigheidsplan […]

Aansluitings geleentheid by Universiteitsoord

Vroeg in 2023 het ons ‘n paar ouers geruste harte gegee toe ons by die eerstejaarskamp van die Universiteits oord was. Ons het trots aan die ouers verduidelik dat hulle kinders ‘n veilige heenkoms by Tuks Landbou het. Daar was hoop en opwinding geskep vir die onsekere eerstejaars en hulle het daar al begin uitsien […]

Dinee

Los jou vellies en kortbroek by die huis, Tuks Landbou hou vir die eerste keer in sy 42 jaar bestaan ‘n dinee. By die geleentheid het ons, ons borge vir die jaar bedank en ook ons raad vir 2023 aangekondig.